Sunday, 15 November 2009

n' Nuwe Hoofstuk na Skrywers-Skok





Ek het so vir wyle aan skryfers-skok gelei, nadat my nuwe collection te same met my rekenaar 1 Oktober 2009 gesteel is - Ai al daardie verlore woorde, maar daar is altyd woorde en solank ek kan sal ek met die woorde speel



Padkaart Deur My Hart


Met goed deurdagte woorde
skryf ek in geheime skrif
die storie van vrese en wense
die padkaart deur my hart
se ongekaarte grense

Die hoop van diep geheime
wat nooit die lig moet sien
maar tog die hoop dat jy
met die paadjie sal loop
waar jy die sleutel sal kry

Maar donkerder die newels
wat jou vestings verberg
geheime in 'n hiëroglief versteek
Sal die soeker na die padkaart
ooit die kode kan verbreek?

Tuesday, 11 August 2009

Vandag

(‘n dag enige dag, jou eie vandag)
Ek sit al vir ure en kyk na die see langs die suid kaap kus.
Omstuimig om die minste te se
Golwe veg en die glimlag is donker
Nes my siel al vir weke

‘n Gewonder
Dis alles behalwe stil hier
Die see praat kwaai
En so ook my gedagtes

Branders hardloop oor die witsand

My menswees in lewensgevaar
“Why are you trying so hard to fit in, when you were born to stand out?”

Is die vraag

Side Lines

Ek kyk van die kantlyn af
Na jou
En wonder hoe verkeerd kon ek wees?
Wie is jy?

En ek kry seer en stort ‘n traan oor die hartseer
Sal later daaraan dink

Deesdae
Lyk jy goed
A Kept Man
Ek kyk
Van die lyn wat ek nie durf oor trap nie
En ek kry seer
Oor die lewe waaroor ons gepraat het
Die einde van wat dit was

Jou lewe
En myne
So dieselfde

Behalwe dat ons heeltemal anders seerkry
Joune verstaan jy nog nie
Myne – Verstaan ek heeltemal te goed

Traveler

Ek kyk vir jou vreemdeling
Dwarsdeur jou


Ek sien die spoed van jou trapsoetjie
Die pyn in jou lag

Die hartseer as jy gelukkig is

Die deurmekaar raak as dit als sin maak

Ek sien die wêreld wat vir jou te klein is
Jou alleenheid wat vir jou te groot is
Die dood wat vir jou lewendig is
En die lewe wat vir jou dood is

Met die wegkyk, vee ek 'n traan weg

Is jy volwasse in jou kindwees
En dwaas in jou insig
Voel jy gevange in jou vryheid
Terwyl jy fluister in jou skree?


Saturday, 30 May 2009

Liefde van my

©Liefde van my

Jy skryf slaap-tyd-stories en laat my tone-krul -lag

Jy belowe saam maak ons planne en dink aan happy endings

Te goed om waar te wees – die hart se dinge

Daardie een aand in ‘n oomblik van soeke na wie, wie is

Vat ‘n ander een jou hart

En jy gee dit vrylik

En ek

Hou myne vir ‘n tydjie styf vas, asof ek beheer het oor die stukkend wees

Die Karoo wind tel my op en sit my neer

Waai my verby

Verniel my

Seerkry is nie vir sussies nie
©

Saturday, 23 May 2009

Ware Sielkunde

Die see het sy manier van praat
Blou sagte rustige gemak in en uit woorde
Soms seermaak growwe groen wit woorde
Maar altemit altyd raakvat woorde

Of jy nou wil hoor of nie
En vir weke fluister hy in my oor


Met hoog en laag water spoel hy dieselfde sin deur my kop
En Maandag tot Sondag sit ek op sy sagte skouer

Tot die uiteindelike besef

Dat

Jy net jouself hoef te wees

Wednesday, 11 February 2009

Ai

Ai
Nog ‘n jaar later
Te veel koebaai se briewe en
Sondagaand storieboek lees
Staan ek nog op dieselfde plek
Ek probeer en probeer, elke aand van jou vergeet
Maar as ek my kom kry, los ek my hart vir ‘n wyle in jou besit
En elke ster in die universe skinder skaam oor hierdie harts-tog
En met dagbreek
Kry ek dit terug met dieselfde letels as die vorige dag
Net ‘n bietjie seerder
En tog kan ek nie wag nie
Want die son gaan sak
En ek weet …

(net 'n gedagte)

('n gedagte)

Ek wandel alweer tussen my menswees en rigting soek bestaan
So tussen die Karoo en nou en vat aan alles soos dit weer gebeur
Op Calitzdorp loop ek tussen wingerde en hoor ek hoe jy lag
Langpad vat

Oudtshoorn se bloed-warm-drukkies gee tyd vir langs jou sit

Verbode

Na maande van gesteelde glimlagte

Fluister -sag-woorde in die Klein Karoo

Wegkruip- laagnag-saamwees -tye

Rooi-warm-verbode-liefde

Toor jy my - toor ek jou

Op en af loop – soms wegloop

Speel ons die spelletjie

Van die ontoelaatbare-verslaaf- aan- jou- liefde

Januarie in tyd

Een Januarie aand in ‘n jaar van maak nie saak nie

Gedurende ‘n die ongelooflikste Karoo storm

Aan die anderkant van tyd

Het ek my hart in blou geskenk papier toegedraai en vir jou gegee

Aan die voet van die swartberge

Staan ek weerloos in die reen

Stukkend

Met ‘n hart wat al lankal vertrap is

En ek kan net hoop, vertrou

Dat ek van jou kan genees

Monday, 12 January 2009

Jon Qwelane – 21 Julie 2008

Ek is sommer sideways befok - om die minste te se
Die realiteit van die mensdom slaan my vanoggend soos
‘n warrelwind die karoo- stof- straatjies, alom-verkeerd
Die mooi woorde sukkel met groot effort uit my pen
Amper stomgeslaan, my koek is in ‘n krul en ek's op ‘n mission:
Jon Qwelane
‘n Man, wat eiehandig
Van hom ‘n regse idioot gemaak het en die met een artikel in die Sunday Sun
Ten-koste van ander
Dieselfde haat en stigmas in harte wakker maak
Die vraag is:
Hoe kan jy enigsins teen iemand diskrimineer Meneer Qwelane?
Het jy nie juis vir jare in die struggle vir dieselfde regte geveg nie?
Het jy so maklik vergeet hoe dit is?
Die haat teen jou
Dat daar op ‘n tyd ook gese is jy is nie normaal nie?
Daar na jou as ‘n bobejaan en ‘n aap verwys is
Dat die SA constitution ook geskryf is en jy uitgelaat was
Het jy daardie tyd so maklik vergeet?
Wie het jou die reg gegee?
Jy shape die minds van mense, wie jou woorde sal vat
En dit in aksie sal sit
Woorde het vlerke