So sit ek nog
Onbewus
Van die stories en die werklikhed wat soos n action movie in my siel afspeel
Op die stoep van my groei jare in die Klein Karoo
Op een van die warmste aande
Met my liefkooste glasie wyn in my hand
En ek dink terug aan die jare voor Nou
Die Liefde en Verdwaal en Veg en Kalm bly
Die Op en Af = Wees en Hardloop en Verstaan en Lief wees
Die Mens en aan my Ma Mona
En die mengelmoes van gedagtes is op so 'n mooi aand partykeer net te veel
Maar op 'n Karoo aand, wanneeer stil-wees antwoord gee aan mens-wees
is die memories weer net te min
En so kom kry ek my
Verlore
Niks anders maak nou saak
Nie
die oorlewing tot nou
die geluk en swaarkry
die lag en trane
die pad met al sy verkeer en tekens
Niks
Kon jou langer hier by my laat bly nie
En so is 'n maand al amper verby - Weg van my
En die skrywer van die soeke na liefde en menswees
sal verewig en ewig na jou verlang
Thursday, 21 January 2010
Wednesday, 06 January 2010
'n Ma se gedagtes (22 Desember 2009, 14:05pm)
Nou dat ek weg is
Onthou my met jou glimlagies en skater lag
En wanneer jy 'n traan moet stort
Doen dit met ons geliefdes
Wie saam met jou hierdie hartseer pad moet stap
En wanneer jy my nodig kry
Sit jou arms om die mense om jou
Gee vir hulle wat jy nodig het om vir my te gee
. . .Daar is so baie – so baie wat liefde en eenheid nodig het
Ek los jou in hierdie wereld met hierdie gedagte:
(Soveel beter as woorde en geluide waarvoor jy so lief is)
Soek vir my in die mense wie ek ken en lief het,
Gehelp het op my manier
Laat my aanhou lewe in jou hart en gedagtes
Die grootse liefde wat jy vir my kan gee
Is deur om jou groot liefde uit te stuur oor berge en kontinente na ons geliefdes
Omhels hulle en leef in hulle liefde
Liefde gaan die dood nie – Mense doen.
So wanneer net dit van my oor is
Gee my weg so goed jy kan

Subscribe to:
Posts (Atom)