Wednesday, 11 February 2009

Ai

Ai
Nog ‘n jaar later
Te veel koebaai se briewe en
Sondagaand storieboek lees
Staan ek nog op dieselfde plek
Ek probeer en probeer, elke aand van jou vergeet
Maar as ek my kom kry, los ek my hart vir ‘n wyle in jou besit
En elke ster in die universe skinder skaam oor hierdie harts-tog
En met dagbreek
Kry ek dit terug met dieselfde letels as die vorige dag
Net ‘n bietjie seerder
En tog kan ek nie wag nie
Want die son gaan sak
En ek weet …

(net 'n gedagte)

('n gedagte)

Ek wandel alweer tussen my menswees en rigting soek bestaan
So tussen die Karoo en nou en vat aan alles soos dit weer gebeur
Op Calitzdorp loop ek tussen wingerde en hoor ek hoe jy lag
Langpad vat

Oudtshoorn se bloed-warm-drukkies gee tyd vir langs jou sit

Verbode

Na maande van gesteelde glimlagte

Fluister -sag-woorde in die Klein Karoo

Wegkruip- laagnag-saamwees -tye

Rooi-warm-verbode-liefde

Toor jy my - toor ek jou

Op en af loop – soms wegloop

Speel ons die spelletjie

Van die ontoelaatbare-verslaaf- aan- jou- liefde

Januarie in tyd

Een Januarie aand in ‘n jaar van maak nie saak nie

Gedurende ‘n die ongelooflikste Karoo storm

Aan die anderkant van tyd

Het ek my hart in blou geskenk papier toegedraai en vir jou gegee

Aan die voet van die swartberge

Staan ek weerloos in die reen

Stukkend

Met ‘n hart wat al lankal vertrap is

En ek kan net hoop, vertrou

Dat ek van jou kan genees