Saturday, 30 May 2009

Liefde van my

©Liefde van my

Jy skryf slaap-tyd-stories en laat my tone-krul -lag

Jy belowe saam maak ons planne en dink aan happy endings

Te goed om waar te wees – die hart se dinge

Daardie een aand in ‘n oomblik van soeke na wie, wie is

Vat ‘n ander een jou hart

En jy gee dit vrylik

En ek

Hou myne vir ‘n tydjie styf vas, asof ek beheer het oor die stukkend wees

Die Karoo wind tel my op en sit my neer

Waai my verby

Verniel my

Seerkry is nie vir sussies nie
©

Saturday, 23 May 2009

Ware Sielkunde

Die see het sy manier van praat
Blou sagte rustige gemak in en uit woorde
Soms seermaak growwe groen wit woorde
Maar altemit altyd raakvat woorde

Of jy nou wil hoor of nie
En vir weke fluister hy in my oor


Met hoog en laag water spoel hy dieselfde sin deur my kop
En Maandag tot Sondag sit ek op sy sagte skouer

Tot die uiteindelike besef

Dat

Jy net jouself hoef te wees