Sunday, 20 January 2008

Min Woorde

Soos die dae verby gaan, raak my woorde ook al hoe minder. Ek dink baie meer en se baie minder.
Woorde het amper onnodig begin raak.


Luister mense in-elk-geval? Maak jou woorde regtig saak?

Almal is so vasgevang in hulle eie lewens, hulle belange, hulle stellings, hulle opinies, hulle "beliefs". Baie woorde met min gedagte.

Maak dit dan enig-sins saak wat ek se? Val my woorde op dowe ore?

Dae, weke, maande, tyd later, luister ek nogsteeds na selfveroorloofde, alleenreg woorde.

Ek geniet my min woorde.

Ek se nie eintlik veel nie.

Maar

Wanneer ek iets se, het dit betekenis. My min woorde het liefde, understanding, vrede, waarde en menswees.







No comments: