Sunday, 20 January 2008

'n Koe-baai-se-brief

Met nog ‘n nuwe jaar se sonsopkoms
Waai die nugter oggend liggie
Sonder waarskuwing maar doelgerig
Alweer die gedagte van jou teen my lyf vas

Dit maak my nie eers meer bang nie
Ek is dit al te gewoond

Amper asof ek uitsien na die oggend liggie

Nog kak om aan vas te klou

Net die blote gedagte van jou

Het my vir meer as jaar elke dag laat bestaan

Die ontnugtering
Jy is nie meer lief vir my nie


Dit doen dinge aan menswees

Verwoesting

Drome van aanvaarding
Vrae
Seerwees

Uit die verte het jy steeds die mag gehad

Rooi geel groet die nuwe dag

Ek skink vir my ‘n glas rooiwyn

Dis ‘n nuwe jaar

Tyd vir avonture

Hoop

Liefde

Menswees

Mag dit goed gaan

No comments: