Sunday, 29 June 2008

Eina Plekkie

Waar ek my eina plekkie wegsteek

Is ‘n baie bekende eiland

Daar is rotse en ‘n diep see

Al vir ‘n ewigheid en gister;

Vang die koel see-wind gedagtes

Die hoe see spoel die seer en ou waarhede met genaadelose geduld weg

Jy is welkom hier meneer;

Wanneer jou hart na my toe kom in die nag

Eet ons vye en drink ons die wyn op die maat

Van die see se heen en weer

(Vir BM)

No comments: