Sunday, 29 June 2008

My onthou

My onthou


Vanoggend hoor ek jou naam

In ‘n oogwink staan ek alweer op die rand van my afgrond

Ure gaan verby

Die hemel word ‘n helder vlam

Sodat die maan gesigloos kan word

Soos my onthou van liefde:

My liefde vir jou

Die aarde se tong

Altyd in my mond

No comments: