Monday, 21 July 2008

'n Email

Ek skryf vir jou uit die Karoo

Om te vertel van die mense en my dinge

En

Dat dit goed gaan

Jy vra: “Wie is jy?

Jy’s te besig

R30 000 per maand

Maak my bestaan ‘n vergete gedagte

Amper soos daai designer outfits van jou

nog met die pricetags aan

Jy’t jou siel verkoop onthou ek

Ekt’ probeer en ek’t probeer

Om te vergeet

Ek wou net se

Die Outeniqua se gesig lyk nog dieselfde

Sy verklap haar geheime met daglig

Ek pla jou se jy

Ekt my siel aan die duiwel verkoop bedoel jy

Jy is gelukkig lieg jy

Dis tyd vir koebaai se dink ek

Wie is jy, vra jy

Ek ken jou nie se jy

Verkeerde adres


tik ek

Jammer vir die mistake

Verwyder my van jou adres lys kom die reply

Jy is reg, dink ek

Ek’t jou nooit regtig geken nie

Jy is vreemd vir my


No comments: