Kom ons jaag die son se strale tot by sy doodloop spore agterna
verdwaal in die dag se lag
en vou ons toe in die beloftes wat môre wag.
Kom ons raak weer kind en glo verhale gelees uit Ouma se boekerak hoog Hollands terwyl sy elke woord vertaal.
Kom ons jaag die son se baba voetspore agterna en gaan kyk waar hy die opstaan wekker bêre
wat ons elke oggend nooi om op te staan.
Kom ons jaag die son se glimlag agterna…
ekskuus nie meer nie
ek jaag nie meer die son se strale nie
my bene oud en loop ‘n stryd.… bring vir my ‘n kelkie sonstrale opgetel langs die pad as jy die son gaan jaag
bring vir my beloftes
terwyl ek vir sy oggend glimlag op my voorstoep wag
Monday, 21 July 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment