Saturday, 16 August 2008

Moer toe wereld

(geskryf in ‘n tent in die karoo)

Baie momente in die lewe is so kosbaar
Die terg van ‘n Karoo Sonsopkoms wanneer hy sy kop uitsteek
In ‘n oomblik staan hy voor jou in sy volle naaktheid en se
Kyk vir my!
Hier is dit maklik om te vergeet
Van ‘n wereld met hartseer
Hier pas ek in, my eie idée van menswees
Leef ek sonder valse leuens van wie ek is
Vergeet ek van die wereld se self haat
Rugsteek tot jy bloei bestaan
Diskriminasie
Gif spoeg tonge
Gejaag
Na die volgende quick fix om die pyn te verdoof
****
Soms loop jy jou moertoe in daai wereld
Jare, maande, tyd later
Moet jy tog besef
Hoe kosbaar leef jy?

No comments: