Saturday, 16 August 2008

157 Charing Cross Road WC2

Die London Astoria verkondig met die klanke van nog ‘n ABBA song
“n Vrydagaand Camp Attack
Hier weet outjies met Gucci boots en die flashiest tight fitting designer gear
Dat hulle nie gemoer sal word omdat hulle skeef is nie
Dis ‘n groot aand vol verwagtinge
Ons staan in lang rye voor die entrance
In spanning vir die Kylie birthday bash
Elkeen van ons op sy eie soektog
Na liefde of Aanvaarding
‘n Los Tom, Dick of Harry
Ek kyk toe hoe twee way to sexy outjies, met stywe Diesel jeans, cue jump
Gatswaai
Vannaand is ek ook een van hulle

No comments: