Saturday, 16 August 2008

Ravenscourt Park, Sheppard's Bush

Die rustigheid van Ravenscourt park maak my gemaklik stil
Ek’t vergeet amper waar ek is
Die mal London stad is druk besig om sy werkers te moor
Net buite hierdie gras groen paradys
Is die besige gejaag na ‘n bestaan ‘n allerdaagse taak
Die son straal saggies
Hier en daar val ‘n blaar
En ek wonder of almal hier weet
Dat hartseer net ‘n muur tussen twee tuine is?

No comments: