Ek wens ek kon jou gedig skryf wat ek kon verstaan
Ek wens ek kon jou twyfel verwoord vertaal
Ek wens ek kon jou onsekerheid vervang
met sinne en syllabels wat ek ken
Die grammatika van jou bang wees neerle met my pen
Die swart in jou hart my ink maak en neerskryf op 'n lyn
Jou woordloosheid vervang met letters
Jou gevoelens met mekaar laat rym
Miskien sou ek dan as ek die woorde lees
JOU gedig verstaan maar
Jou stilte los 'n blanco papier op die tafel van my hart.
Monday, 21 July 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment